Sou jy graag ‘n aanbieder wou wees op Radio Nuwe Lied? Op die korttermyn kan ons jou ‘n geleentheid gee om jou ding te doen, ongeveer soos jy wil, op die volgende maniere en plekke:
- Jy moet natuurlik saamstem met ons ideale van Afrikaans, Christelik en gesinsvriendelik.
- As jy materiaal het wat jy dink op radio hoort, lê dit asseblief aan ons voor sodat ons kan kyk waar en wanneer ons dit kan gebruik. Jy kan dan self die episodes opneem waar jy ookal is en dit vir ons stuur. Ons sal jou alles leer wat jy behoort te weet om hierdie proses moontlik te maak. Jy het niks buitengewoons nodig nie. Al ons huidige programaanbieders werk op hierdie stelsel, behalwe die lewende uitsendings.
- As jy ‘n liefde het vir woordkuns, dan het ons geleentheid vir jou op ‘n programaanbieder en -samesteller te wees. Jy het nie jou eie materiaal nodig nie, net ‘n groot liefde en kennis van die vakgebied. Jy sal die materiaal moet bymekaar maak (navors) en dan ‘n program saamstel en aanbied op ‘n weeklikse basis.
- Soortgelyk aan punt 3 hierbo, het ons geleentheid vir programaanbieders en -samestellers in enige veld relevant tot die Afrikaanse Christelike gemeenskap. ‘n Paar voorbeelde is sport, tuinbou, boerdery, sake, nuus, of kleiner vertakkings binne sulke velde.
As jy belangstel, stuur asseblief jou voorstelle en/of materiaal na programme@radionuwelied.com
Nuutste Opmerkings