Dinsdag 13 Oktober is die begin van iets spesiaals waarvoor ons al lankal hoop. Ons begin met ons eerste BOEKVOORLESING! Ons is bevoorreg om die gesoute Rhona Gouws te hê as voorleser. Sy is ‘n veteraan in Namibië se uitsaaiwese. Die boek waaruit sy voorlees, is ‘Hagar – Die voltooide sirkel‘ deur Martha Poller, uitgegee deur Malherbe Uitgewers. Meer inligting is beskikbaar op die Rhona se Boekrak Blad.