Vroegaand Stilstaan

Hierdie kort oordenkinge aan die einde van elke dag word deur verskeie leeraars gebring. Elke bydraer word hier onder genoem, met skakels na hulle onderskeie webwerwe waar hulle materiaal gevind kan word. Die audio is dus nie op hierdie bladsy beskikbaar nie, maar op elke persoon se eie webwerf.

Smit Kotzé

Smit Kotzé is van Amos Namibië. Sy boodskappe is beskikbaar by die volgende skakel: Amos Namibië Boodskappe

Corné Dannhauser

Corné Dannhauser is deel van Ware Lewe Bediening. Jy kan meer van hulle doen en late te wete kom op die Ware Lewe Bediening Webwerf, of jy kan van sy boodskappe luister op hulle Ware Lewe Youtube-Kanaal.