Eureka Mills se Witbrood

All-focus

 

Bestandele:

1 kg (8 k + 1/3 k / 2080ml) Eureka Mills Witbrood Koringmeel
40g (50ml) Ligbruinsuiker
20g (18ml) Sout (seesout)
10g (1 pakkie) Droë Kitsgis
25g (25ml)(1e + 2t) Botter
150g (150ml) Kookwater
450g (450ml) Koue Water

All-focus

Metode:

Roer die meel, suiker, sout en gis saam in ‘n groot mengbak.
Meet die botter af in ‘n groot beker. Skink die kookwater daarby in en roer totdat die botter opgelos is. Roer nou ook die koue water by die water-en-bottermengsel by.
Skink die water-en-bottermengsel by die meelmengsel in.
Meng met jou hande tot ‘n deeg. Knie vir 10 minute tot nie-klewerig en elasties.
Bedek die deeg (direk op die deeg) met kleefplastiek of ‘n oopgesnyde broodsakkie. Laat vir 90 minute op ‘n warm plek rys.
Knie af, bedek weer en laat nog 30 minute op ‘n warm plek rys.
Smeer intussen een groot, of twee medium broodpanne met Conola-olie of ou botterpapiertjies. Knie weer die deeg af en verdeel tussen panne. Laat 60 minute lank rys.
Begin jou oond opwarm tot 230ºC 10 minute voor die laaste rystyd verby is. Bak 30 tot 35 minute lank tot goudbruin en hol klink wanneer geklop word.
Keer onmiddellik uit op ‘n afkoelrak, bedek met ‘n kosnet en laat afkoel.

All-focus