Radio Nuwe Lied gaan deel wees van die Kragdag Expo wat plaasvind vanaf 3-5 Desember 2020 by die Diamandvallei Landgoed net buite Rayton. Dit is skaars 20 minute se ry uit Pretoria en is dus maklik toeganklik vir almal.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Die KragDag Ekspo wat jaarliks gehou word, bied ’n uitstalkas vir energie- en ander selfstandigheidsoplossings. Dit sluit ’n Opvoedkunde sub-ekspo, Entrepreneurskap en ook ’n volwaardige Landbou ekspo (in samewerking met TLU SA) in.

By KragDag vind jy oplossings vir die uitdagings van energie, water, veiligheid, gesondheid, voedselproduksie, opvoedkunde, vervoer en konstruksie en word ’n maker- en kreatiewe entrepreneuriese lewensingesteldheid aangemoedig. KragDag doen dit deur die jaarlikse buitelug ekspo, radiorubrieke, kursusse, bekendstelling van produkte en toepaslike ondernemings en beskikbaarstelling van inligting met opvoedkundige, tegniese en interessantheidswaarde in ons nuusbriewe en seminare. KragDag verskaf ook ʼn platform waardeur ondernemers, die publiek en innoverende idees by mekaar uitgebring word.

Al hierdie inligting is egter nie in ‘n droë atmosfeer beskikbaar nie, eerder ‘n heerlike karnavalatmosfeer, met vermaak en alles te ete en te drinke. Radio Nuwe Lied gaan lewend uitsaai vir die verloop van die expo. Ons gaan onderhoude voer met soveel uitstallers as moontlik, asook met die bestuur.

Die goeie nuus is dat toegang gratis is as jy aanlyn bespreek, andersins is toegang R100 per persoon ouer as 18. Volledige inligting is beskikbaar op die KragDag Webblad.

Kom groet gerus as jy ons stalletjie sien!