Dis die #DISWAARJYWILWEESFEES
Gevoelens van Nostalgie en ongelooflike herrinnering kom by die vorige generasie op as hulle die woorde Pretoria Skou hoor . Maar nou is daar ‘n nuwe naam wat die rondte doen … Een wat dreig om grootter, beter en meer indrukwekkend te wees as enige ander fees wat Pretorianers ken. Op 22, 23 en 24 April 2022 neem KykNET, MTN, Pretoria FM, Maroela Media en die Waterpump Groep hande en bied vir die eerste keer Die Pretoria Fees by Legends MX aan.
Die fees is familie georiënteerd en plaaslik, en die verskeidenheid aktiwiteite wat jy kan verwag sal omtrent jou mond laat oophang! Die fees spog met ‘n ongelooflike buitelug uitstalling wat items uitstal wat variëer van luukse karavane, bote en jetski’s na sonpanele en selfs jag en taktiese toerusting. Noem dit en hierdie fees het dit! Die fees verwelkom ook die jaar besighede wat elektriese motorfietse, waterstelsels en selfs sekuriteitsstelsels vervaardig.
Koop by een stalletjie tuisgemaakte brandsous en stap na die volgende waar jy kunswerk vir daai leë eetkamer muur kan aanskaf. Vir die jongspan is daar ‘n pretpark met ‘n magdom ritte, go-carts en selfs die geleentheid om ‘n kameel te ry! Besoek selfs ‘n uitstalling van slange, spinnekoppe en skerpioene en kry ‘n opvoedkundige les oor hierdie besonderse diere.
Maar as dit nie die bloed in jou are laat vinnager pomp nie, sal die aktiwiteite by die renbaan jou beslis wakker kry! Legends Sky bied saam-vlieg geleenthede aan oud en jonk en as jy veiliger op die grond voel kan jy die geleentheid om in ‘n Nissan GTR saam te jaag met twee hand aangryp! 4×4 liefhebbers kan nou hulle 4×4’s inskryf in ‘n reeks kompetisies wat op die perseel sal plaasvind of as jy dink jy het wat dit vat, skryf selfs vir die Landloop in!
Daar is wel ook iets vir die toeskouers; ‘n See van 40 000 proteas, 1000 koning proteas en oor die 100 000 vetplante kan verwag word. Misbruik sommer die geleentheid om tuinmaak raad te kry en allerhande ornamente en benodighede vir jou eie tuin aan te skaf.

Appel by Pretoria Fees 2022

Bok van Blerk by Pretoria Fees 2022

Bernice West by Pretoria Fees
‘n Drie-dag-partytjie is wat jy kan verwag en wat jy sal kry. Met twee verhoë op die hoof feesterein en ‘n derde op die witsand area is jy verseker om jou smaak raak te loop. Die hoof verhoog spog met ongelooflike Suid-Afrinkaanse kunstenaars soos Refentse, Bernice West, Martin Bester en Francois van Coke – om net ‘n paar te noem. Die 2de verhoog verwelkom van Suid Afrika se beste opkomende talent.

Lianie May by Pretoria Fees 2022

Tarryn Lamb by Pretoria Fees 2022

Rafentse by Pretoria Fees 2022
As Afrikaanse musiek nie jou ding is nie, kan jy jou skoene utskop en jou tone by die Collision Festival in die sand gaan druk. Die fees is belaai met Alternatiewe Musiek, Rock en Roll, en self PSY Trance. Die fees spog ook met ‘n MMA Boksring, vuur dansers en sirkus kunstenaars! Beslis ‘n wegvoering van die gewone! Name soos Bittereinders en Black Cat Bones sal laatnag hierdie terein aan die gang hou.

Karlien van Jaarsveld by Pretoria Fees 2022

Willie & die Wenspan by Pretoria Fees 2022

Pieter Smith by Pretoria Fees 2022
Natuurlik- soos by enige fees wat sy sout werd is – sal daar ongelooflike kos stalletjies wees wat alles dek van tradisionele pannekoek na hamburgers en klein oliebolle. Die fees beskik ook oor ‘n tuin vir elke smaak – ‘n biertuin vergesel die hoof verhoog en ‘n wyn- en teetuin sal by die tweede verhoog opgespoor kan word.
Die fees voeldoen aan alle wetlike vereistes van feeste in die huidige klimaat en bied ‘n veilige omgewing vir jonk en oud om ‘n naweek van die “nuwe normal” te geniet.
Kaartjies sowel as enige inligting is beskikbaar op die fees se webtuiste by www.pretoriafees.co.za.
Hierdie is die geleentheid van die jaar, #Diswaarjywilwees.
Radio Nuwe Lied gee 3 dubbelkaartjies na die fees gratis weg. Die besonderhede is op die Radio se Facebookblad.
Nuutste Opmerkings