Potgooi

Tradisionele radio werk nie meer vir moderne mense nie. As jy jou program NOU wil luister, dan wil jy nie wag tot Dinsdagaand 7nm nie. As jy gou 30 minute af het by die werk, dan kan jy GOU ietsie luister, maar dit moet nou kan gebeur.

 

As jy iets gehoor het, waaroor jy mal is, en jy wil vir jou vriende sê om te kom luister, dan moet dit natuurlik later ook beskikbaar wees. Welkom dus by Radio Nuwe Lied se potgooie. Hier kan jy kom luister waarna jy wil op die TYD WAT JOU PAS. Jy kan ook jou VRIENDE hierheen VERWYS as iets vir jou van betekenis was.

Klik enige plek op die program waarin jy belangstel om die hele EPISODEREEKS van daardie program se potgooie te bereik.

Skep Skepper

Woordkuns wat jou siel laat lewe. Ervaar die krag van woorde.

Kategorie: Vermaak

Aanbieder: Heidi Dannhauser

Wonders van die siel

Sielkundige en Geestelike insigte deur ons gunsteling sielkundige van Pretoria.

Kategorie: Lering

Aanbieder: Dr Hanlie Meyer

Rhona se Boekrak

Boekvoorlesing vanuit die boek ‘Hagar’ deur Martha Poller. Uitgegee deur Malherbe Uitgewers.

Kategorie: Vermaak

Aanbieder: Rhona Gouws

Volg My

‘n Program oor dissipelskap; hoe om dissipel te wees en hoe om ander te maak en te help groei.

Kategorie: Lering

Aanbieder: Grace (There4 Bedieninge)

Staan op, GebedsKryger!

Lering oor alles wat gebed aangaan. Oorspronklik uitgegee as die Gebed en Intersessie Leierskursus deur Trumpet Call.

Kategorie: Lering

Aanbieder: Eben Swart (Trumpet Call)

Sprei jou ore

Verbreed jou musiekgrense. Ontdek klanke wat jy dalk nooit sou by uitkom op jou eie nie.

Kategorie: Vermaak

Aanbieder: Corné Dannhauser

Yadah

Lering wat jy nie elke Sondag in jou kerk gaan hoor nie.

Kategorie: Lering

Aanbieder: René Botha (Yadah Ministries)

Genesing uit die Woord

‘n Program wat handel oor liggaamlike, sielkundige en geestelike genesing wat gebaseer is op die Woord.

Kategorie: Lering

Aanbieder: Louise Fourie (Oorvloedige Lewe Bediening)

Bak en Plak

Leer saam uit die Huwelied Huis Kombuis! Watertand resepte, van eenvoudig tot uitspattig, word aangebied, asook handige handwerkprojekte.

Kategorie: Vermaak

Aanbieder: Heidi Dannhauser

Brugbouers

Reis na lande waar Christene vervolg word. Luister na die verhale van die Christene en word versterk in jou geloof.

Kategorie: Lering

Aanbieder: Grace (There4 Bedieninge)

Ontdek

Ontdek mense wat die wêreld ‘n beter – of minstens ‘n interessanter – plek maak.

Kategorie: Vermaak / Onderhoude

Aanbieder: Corné Dannhauser

Gees en Waarheid Aanbidders

Hoe lyk die lewe van iemand wat God in gees en waarheid aanbid?

Kategorie: Lering

Aanbieder: Louise Fourie (Oorvloedige Lewe Bediening)

Heeltyd Speeltyd

Vermaak vir die jongspan. Verhale, liedjies en gediggies vir die jongeres.

Kategorie: Vermaak

Aanbieder: Heidi Dannhauser

Beskuitsake

Ons oggendgodsdiens waar jy jou Brood van die Lewe kan geniet. Dit word vooraf gegaan deur liefdesliedjies vir ons Koning.

Kategorie: Lering

Aanbieder: Verskeie

Vroegaand Stilstaan

Vroegaand se kort oordenking na ‘n lang dag, gevolg deur liefdesliedjies vir ons Koning.

Kategorie: Lering

Aanbieder: Verskeie

Kolskoot

‘n Kort oordenking in die middag. Bybelse waarhede wat raakskiet.

Kategorie: Lering

Aanbieder: Smit Kotzé (Amos Namibië)

Swaard Swaai

Die Woord van God is ‘n magtige wapen. Gebruik dit om verklarings te maak oor jou eie gesin asook oor ons land.

Kategorie: Gebede

Aanbieder: Heidi Dannhauser

Heidi se Hoekie

Die Woord van God kom na ons deur die geskrewe Woord, maar ook deur mense en die profetiese bediening.

Kategorie: Lering / Opinie / Profesie

Aanbieder: Heidi Dannhauser

Bemoediging uit die Poorte van die Hemel

As jy gebedsondersteuning nodig het, is Sally die persoon wat jy moet kontak. Sy sal saam met jou bid, maar ook lering gee oor gebed gedurende die program.

Kategorie: Lering / Voorbidding

Aanbieder: Sally Stevens

Krap waar dit Jeuk

Corné praat elke weeksoggend oor wat in ons wêreld aangaan en gee sy opinie… Hierdie is die 2de gedeelte van die kletsprogram ‘Klets met Corné’.

Kategorie: Nuus / Kommentaar / Aktueel

Aanbieder: Corné Dannhauser

Staan Sterk

Lesse wat ons uit die Storms in ons lewens kan leer.

Kategorie: Lering

Aanbieder: Grace (There4 Bedieninge)