Plaatkoekies (4 resepte)
Lewer 25-30 plaatkoekies

1) (ons) Ouma se Outydse Plaatkoekies

Bestandele:

2k (500ml/240g) koekmeelblom (verkieslik ongebleik & klipgemaal, soos van Eureka Mills)
2 eiers (groot)
2-4e (30-60ml/24-48g) ligbruinsuiker (na gelang van smaak)
1e (15ml) botter/canola olie (indien botter gebruik – smelt eers)
4t (20ml) bakpoeier
½t (2,5ml) sout (verkieslik onverwerkte seesout)
1k (250ml) melk
+
ongeveer ½k (125ml) melk – hangende af van die absorpsie van die meel

Metode:

Klop eiers en suiker saam met ‘n draadklopper. Klop 1k melk en botter/olie by.
Sif meel, bakpoeier en sout saam. Klop meelmengsel met draadklopper by eiermengsel.
Klop ander melk (tot ½k) by tot die mengsel soos dik/kerige room lyk.
Moet mengsel nie verder klop nie.
Gooi eetlepelsvol in ‘n gesmeerde, verhitte pan. Bak teen redelik warm tot blasies bo-op verskyn, draai om en bak die ander kant tot goudbruin.

2) Ons Gesin se Gesonde(r) Plaatkoekies

Bestandele:

2k (500ml/240g) koekmeelblom (ongebleik & klipgemaal, soos van Eureka Mills)
2 eiers (groot)
2e (30ml/24g) ligbruinsuiker
1e (15ml) botter, gesmelt
2t (10ml) kremetart
1t (5ml) koeksoda
½t (2,5ml) seesout (onverwerk)
1k (250ml) dikmelk/amasi
+
ongeveer ½k (125ml) dikmelk/amasi – hangende af van die absorpsie van die meel

Metode:

Klop eiers en suiker saam met ‘n draadklopper. Klop 1k dikmelk en gesmelte botter by.
Sif meel, kremetart, koeksoda en sout saam. Klop meelmengsel met draadklopper by eiermengsel.
Klop ander dikmelk (tot ½k) by tot die mengsel soos dik/kerige room lyk.
Moet mengsel nie verder klop nie.
Gooi eetlepelsvol in ‘n gesmeerde, verhitte pan. Bak teen redelik warm tot blasies bo-op verskyn, draai om en bak die ander kant tot goudbruin.

3) Plaatkoekies met Koringmeel, Hawermeel & Heuning
(Die oplosbare vesel van die hawermout verlaag die Glukemiese Indeks. Hoe meer van die koringmeel jy met hawermeel vervang – hoe meer geskik vir diabete. Dit sal die kinders ook langer ‘vol’ laat voel.)

Bestandele:

1 ½k (375ml/180g) koekmeelblom (ongebleik & klipgemaal, soos van Eureka Mills)
½k (125ml) hawermout (fyner gemaal met voedselverwerker)
2 eiers (groot)
2e (30ml) rou heuning
1e (15ml) botter, gesmelt
2t (10ml) kremetart
1t (5ml) koeksoda
½t (2,5ml) seesout (onverwerk)
1k (250ml) dikmelk/amasi
+
ongeveer ½k (125ml) dikmelk/amasi – hangende af van die absorpsie van die meel

Metode:

Klop eiers en heuning saam met ‘n draadklopper. Klop 1k dikmelk en gesmelte botter by. (Gedurende die winter is heuning dikwels baie styf. Indien nodig, maak die rou heuning net effens warm in warm water. Wanneer (rou)heuning te warm gemaak word, verander die samestelling en het jy weer ‘n hoër glukemiese indeks.)
Sif meel, kremetart, koeksoda en sout saam. Roer die hawermeel by. Klop meelmengsel met draadklopper by eiermengsel.
Klop ander dikmelk (tot ½k) by tot die mengsel soos dik/kerige room lyk.
Moet mengsel nie verder klop nie.
Gooi eetlepelsvol in ‘n gesmeerde, verhitte pan. Bak teen redelik warm tot blasies bo-op verskyn, draai om en bak die ander kant tot goudbruin.

4) Koringvrye/Glutenvrye Plaatkoekies

Bestandele:

½k mielieblom
½k sorghummeel
½k kekerertjiemeel (chick pea flour/chana flour)
½k hawermeel (vir koringvry) / ½k rysmeel* (vir glutenvry)
½t (2,5ml) ‘guar gum’* – om mee te verdik, indien rysmeel gebruik word
2 eiers (groot)
2e (30ml/24g) ligbruinsuiker
1e (15ml) botter, gesmelt
2t (10ml) kremetart
1t (5ml) koeksoda
½t (2,5ml) seesout (onverwerk)
1k (250ml) dikmelk/amasi
+
ongeveer ½k (125ml) dikmelk/amasi – dis egter onwaarskynlik dat jy die ekstra dikmelk sal nodig kry.

Metode:

Klop eiers en suiker saam met ‘n draadklopper. Klop 1k dikmelk en gesmelte botter by.
Sif mielieblom, sorghummeel, kekerertjiemeel, rysmeel* & ‘guar gum’* (indien gebruik), kremetart, koeksoda en sout saam. Roer hawermeel by (indien gebruik). Klop meelmengsel met draadklopper by eiermengsel.
Dis onwaarskynlik dat jy die ekstra dikmelk sal nodig kry om die mengsel soos dik/kerige room te laat lyk. Dis meer waarskynlik dat jy moontlik ekstra ‘guar gum’ kan nodig kry.
Klop mengsel tot goed gemeng.
Gooi eetlepelsvol in ‘n gesmeerde, verhitte pan. Bak teen redelik warm tot blasies bo-op verskyn, draai om en bak die ander kant tot goudbruin. Indien die alternatiewe mele nie na wense gaar word nie, verlaag die temperatuur en bak langer.

(Mense wat laktose-intolerant is, behoort ook by hierdie resep baat te vind. Die laktose is in ‘n verwerkte vorm, wanneer natuurlike (ongepasteuriseerde) melk dik geword het. Dieselfde is waar vir jogurt, wat deur ‘n natuurlike proses gemaak is. Ek is nie seker van die algemene jogurt in die supermarkte nie. Doen gerus navorsing daaroor.)