Hierdie week se programme

Sprei jou ore

Dis tyd vir lekker Gospelklanke! Jy kan nader skuif vir die musiek van een van die mees bekroonde Christelike kunstenaars van alle tye – Steven Curtis Chapman. Uitsaaitye is Ma 4vm, Di 8nm, Wo 4vm, Do 9vm.

Gees en Waarheid Aanbidders

Gees en Waarheid Aanbidders‘ word aangebied deur Louise Fourie van Oorvloedige Lewe Bediening. Sy is besig om te praat oor die titel: Is jy gereed?

Weer gebore uit water en Gees. Gees:vlees.

Johannes 3:3-8, Esegiël 36:24-28
Romeine 8:5-9, Deuteronomium 5:29-33
Johannes 10:10, Deuteronomium 6:1-9
Deuteronomium 10:12 & 13
Deuteronomium 11:13 & 14

Yadah

Skakel gerus in op enige van die tye op die blaadjie aangedui (asook tydens ons Sondag Opvangtyd) vir René Botha van Yadah Gebedsbediening se altyd insiggewende lering.

In hierdie week se Yadah Episode 42 praat René oorGod is Liefde‘. God is Liefde en dis in jou, oor jou en deel van jou. Beleef en geniet dit.

Wonders van die siel

Dr. Hanlie Meyer  is nou al vir ‘n rukkie aan die praat oor grense. Sy reken ons het soms die saak verkeerdom. Ons moet nie grense aan God stel nie, ons moet in sy grense bly. Hierdie is episode 42.

M4W Besigheidskaartjie

Ontdek

Een van die interessantste mense wat jy sal ontmoet is ook ‘n bydraer van fantastiese programme op Radio Nuwe Lied. Ons praat hier van die skrywer, musikant, sanger en teoloog Koos van der Merwe. Leer bietjie meer van die man agter al die hoede.

Staan Sterk

Grace van There4 Bedieninge is besig met ‘n reeks met die titel ‘Staan Sterk’. Leer saam met haar lesse uit die storms van ons lewens.

Episode 3: Jesus gebruik elke storm om jou te verander.

Beskuitsake

Hierdie week luister ons na Riekert Botha van Vita Dei se insiggewende preke tydens Beskuitsake – elke oggend kort na ses.

Kolskoot

Ruk jou dag blitsig reg met ‘Kolskoot’ elke weeksmiddag om 3nm, aangebied deur Smit Kotzé van Amos Namibië.

Het die simpel virus jou onkant betrap met jou partytjiereëlings?

Soek jy nou op nommer 99 na die regte diensverskaffers?

Vir AL jou musiekbehoeftes hoef jy nie verder te soek as Velvet Motion nie. Hulle hanteer:

Kerspartytjies, Kantoorpartytjies, Oujaarsaandpartytjies, Jaareindfunksies, Danspartytjies, Privaat funksies en troues.

Hulle kan jou bedien met Lewende Musiek, ‘n pryswenner DJ-diens of Karaokediens.

Klik enige plek op hierdie pamflet of teks om na ‘n groot weergawe te kyk wat maklik lees.

Woordevlegsels

Woordevlegsels is ‘n heerlike woordkunsprogram. Dit het verskillende bydraers en word saamgestel deur die Namibiese digter, Margaret Bennett. Hierdie week is die tema Erfenis.

Genesing uit die Woord

Hierdie week met ‘Genesing uit die Woord‘ gesels Louise Fourie van Oorvloedige Lewe Bediening voort met die reeks ‘Sonder liefde‘.

Gebed.
Die groot gebod in die Wet.
Vrees, skuldgevoelens en skaamte.
Die mens – ‘n verhoudingswese.

Mattheus 19:17, Mattheus 22:35-40
2 Timotheus 1:7, Romeine 8:1
Johannes 17:22, Galasiërs 5:13-15
1 Petrus 4:8, Galasiërs 5:16-26 

Bak en Plak

As daar nou een lekkerte in die lewe is wat jy self by die huis kan maak, dan is dit tuisgebakte brood. Leer hierdie week hoe om so ‘n wennerbrood te maak met Ongebleikte, Klipgemaalde Meel.  Vir die kunsgedeelte gaan jy basiese kennis oor waterverf opdoen. Lekker huis-dinge!

Vir dit en ander planne, skakel gerus in op enige van die volgende tye: Ma. 3vm & 8vm / Di. 0vm / Wo. 2nm / Do. 5vm / Vr. 7nm
Volg hierdie skakel om die netjies uitgetikte resepte te kry.

Heeltyd Speeltyd

Laat jou kind lewens- en geestelike waarhede leer deur die stories van ‘Fanie Vark en sy Fantastiese Vriende’ tydens ‘Heeltyd Speeltyd’ op Radio Nuwe Lied. Hierdie week se storie heet – Groentetuin moles. Kry die kleinspan aan die luister tydens enige van die uitsaaitye soos op die blaadjie vermeld.

Staan op, GebedsKryger!

Eben Swart is tans besig met die tema Gawes van die Heilige Gees, tydens ‘Staan op, GebedsKryger!’ Episode 41. Moenie hierdie gratis kursus op Radio Nuwe Lied misloop nie. Besoek gerus www.trumpetcall.co.za vir verdere sinvolle leermateriaal.

Brugbouers

Vader vergeef hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie.

‘Brugbouers’ Episode 4 word aangebied deur Grace van There4 Bedieninge. Die uitsaaitye is soos op die blaadjie vermeld, asook tydens ons Sondag Opvangtyd.

Jubelied

Jubelied is die aanbiddingsgedeelte wat saam met Beskuitsake die oggendgodsdiens uitmaak. Sing lekker saam aan verskeie kunstenaars se liefdesliedjies vir ons Koning.

Jazz Musiek

Liefhebbers van Jazz kry ook ‘n beurt op Radio Nuwe Lied. Elke weeksdag van 5-5:30 nm kan jy inskakel vir oor-plesier!

Vroegaand Stilstaan

Laat Smit Kotzé se boodskappe jou tot ruste bring elke aand om 6nm.

 

Klassieke Musiek

Klassieke musiek liefhebbers kry ook ‘n beurt op Radio Nuwe Lied. Skakel gerus Sondae van 7vm – 8vm en 8nm – 9nm in vir ‘n paar werke uit ons versameling. Verdere klassieke musiek-uitsaaitye sluit in: Di. & Do. 7:30nm tot 8:00nm.

Swaard Swaai

Luister en stem in die gees saam met die skriftuurlike verklarings en gebed, wat Heidi vir jou gesin doen, tydens ‘Swaard Swaai vir jou Gesin‘ elke oggend om 1vm (vir ons oorsese luisteraars) en 9vm.

Luister en bid saam vir Suid-Afrika, elke aand om 9nm, tydens ‘Swaard Swaai vir Suid-Afrika‘ geskryf en gelees deur Heidi Dannhauser.

Opvangtyd

Alhoewel ons sorg dat ons verskeie uitsaaitye, van oggend tot aand, vir ons leringsprogramme het, bly weeksdae vir die meeste mense moeilik om met ‘n leringsreeks vol te hou.
Daarom het ons Sondae ‘n LERINGSOMNIBUS. Die leringsomnibus akkommodeer nie alleenlik ons Suid-Afrikaanse luisteraars nie, maar ook ons oorsese luisteraars.
Skakel gerus in tydens ons ‘Sondae is Opvangtyd’. Die leringsrooster met ‘n kortlikse beskrywing van waaroor die betrokke reeks gaan, is op die bygaande blaadjie te vinde.

Nuus

Resepte

Enig in sy soort

Enig in sy soort

Radio Nuwe Lied is uniek in die opsig dat dit terselfdetyd 'n platform vir opleiding is, asook 'n gemeenskapsgefokusde, gesinsvriendelike bron van vermaak. Ons programme sluit in musiek, Bybel- en boekvoorlesings, kort oordenkings, preke, opleidingspraatjies,...

read more
Radio Nuwe Lied is gebore!

Radio Nuwe Lied is gebore!

Donderdag 28 Mei 2020 om 18:00 is Radio Nuwe Lied amptelik gebore. Ons het dit gevier met 'n 2 ure lewende uitsending waartydens ons verbondsmaal gehou het saam met die luisteraars. Watter groot voorreg! Word deel van hierdie radio-familie en kyk hoe die baba...

read more
Woordevlegsels nuut op Radio Nuwe Lied

Woordevlegsels nuut op Radio Nuwe Lied

Woordevlegsels is 'n woordkuns program wat saamgestel word deur Margaret Bennett. Sy gebruik 'n rits mense wat digkuns bydra en voorlees en dit word gekombineer met gepaste musiek. Hierdie program gaan vir die volgende ruk die plek oorneem van Skep Skepper wat...

read more
Roosjellie met Vla

Roosjellie met Vla

Roosjellie met Egte Vanieljevla (4 klein porsies – resep kan verdubbel word) Vir die Roosjellie: Bestandele: ½ koppie (125ml / 100g) suiker* 1½ e. (22,5ml) gelatien 1t (5ml) roosekstrak ‘n paar druppels pienk koskleursel (opsioneel) 1k (250ml) kookwater 1k (250ml)...

read more
Tuisgebakte Brood met Ongebleikte, Klipgemaalde Meel

Tuisgebakte Brood met Ongebleikte, Klipgemaalde Meel

Eureka Mills se Witbrood   Bestandele: 1 kg (8 k + 1/3 k / 2080ml) Eureka Mills Witbrood Koringmeel 40g (50ml) Ligbruinsuiker 20g (18ml) Sout (seesout) 10g (1 pakkie) Droë Kitsgis 25g (25ml)(1e + 2t) Botter 150g (150ml) Kookwater 450g (450ml) Koue Water Metode:...

read more