Ons Mense

Corné & Heidi Dannhauser (Ware Lewe Bediening & Velvet Motion)

Corné en Heidi is die eienaars van Radio Nuwe Lied. Hulle agtergrond en ondervinding in bediening (Ware Lewe) en hulle dekades in die SA vermaaklikheidsbedryf (Velvet Motion), was net die regte leerskool vir hierdie reuse taak – ‘n Afrikaanse, Christelike, gesinsvriendelike radiostasie wat 24 uur per dag wêreldwyd uitsaai.

Tans is hulle verantwoordelik vir hulle eie programme, alle tegniese versorging, programsamestelling, bemarking…. Die lys hou nie op nie. Hulle is dus baie gelukkig en baie moeg! Jy is welkom om te gaan rondloer wat hulle oral doen op die onderskeie webwerwe:

Music 4 Weddings

Huwelied

Velvet Motion

Ware Lewe Bediening

Dr Hanlie Meyer

Dr Meyer was een van die eerste sielkundiges in SA wat ‘n Bybelse perspektief inkorporeer het in haar praktyk. Sy is bekend daarvoor dat sy wetenskap, Bybelse waarhede en -beginsels kan integreer. Sy is die aanbieder van Wonders van die Siel.

Sy is stigter en voorsitter van Counselling@ waar sy suksesvol is met onderhandeling, netwerk en strategiese beplanning. Sy is geregistreer by Health Professions Council of South Africa (HPCSA) & Institute for Christian Counselors.

hanlie.meyer@mweb.co.za

Louise Fourie (Oorvloedige Lewe Bediening)

 

Louise is die aanbieder van Gees en Waarheid Aanbidders sowel as Genesing uit die Woord.

Genesing vir gees, siel en liggaamlike siektes.
DVD’s en plakkate beskikbaar.

Albie, Louise & Johan Fourie
oorvloedigelewe@iway.na
+264 81 351 2563

Vir finansiële bydraes (RSA):
Rekening: Oorvloedige Lewe
ABSA Spaar: 924 484 6653
Centurion tak: 630 445
Swift: ABSA ZAJJ

Louise se boek OP DIE VOETPAD VAN GOD SE WIL – ‘n Lewe van getuienisse en wonderwerke, is nou beskikbaar in Suid-Afrika en Namibië.

Mia House of Publishing sal die verspreiding van die boeke in Suid-Afrika hanteer en daarvoor kan jul die volgende elektroniese skakel gebruik:
SA Bestellings.

Oorvloedige Lewe Bedieninge sal sélf die verspreiding in Namibië hanteer en daarvoor kan julle hulle kontak op hulle besonderhede hierbo.

René Botha (Yadah Ministries)

René Botha het YADAH Ministries in 1997 begin met die doel om mense met die waarheid van God se Woord te bedien. Hierdie bediening fokus op die restorasie van die totale mens.

Administrasie / Besprekings:
Anna-marie Botha: 072 116 4420
admin@yadahministries.co.za

René Botha: 072 244 2609
rene@yadahministries.co.za

Finansiële ondersteuning:
Yadah PM
Absa Tjekrekening: 4085821936
Takkode: 632005

Grace (There4 Bedieninge)

There4-Bedieninge is gestig as gevolg van ‘n NOOD… meer as 3 biljoen onbereikte individue. Individue wat nog nooit die evangelie gehoor het nie; wat nog nooit ‘n Bybel gelees of selfs net in hulle hande vasgehou het nie; wat nog nooit die term “Kerk”gehoor het nie.

Toe ons besef hoe groot die NOOD is, is ons deur PASSIE aangevuur…passie om Jesus se Groot Opdrag te gehoorsaam; passie om Christene wat in vervolging lewe toe te rus en te bemoedig om uit te reik na die verlorenes in hulle area van invloed.

PASSIE het oorgevloei tot AKSIE…wat begin het met een of twee en gegroei het tot tiene…tot honderde. Met verloop van tyd het There4-Bedieninge vennootskappe aangegaan met individue, spanne en kerke wat deel in die visie.

Grace is die aanbieder van Brugbouers en Volg My.

Telefoon: 041 3601946
www.there4ministries.org

Eben Swart (Trumpet Call)

Meer as 1000 kursusgangers het al baat gevind by hierdie materiaal van Eben Swart van Trumpet Call. Dit is aangebied as die Gebed en Intersessie Leierskursusse 1-4.

Nou is dit anders verpak vir radio as Staan op, GebedsKryger! en jy kan baat by hierdie lering wat toe nie net gebly het by gebedsopleiding nie, maar ook gebruik is as hulp by evangelisasie, dissipelskap en kerkplanting.

Eben Swart: 021 948 0096
trumpetcall@mweb.co.za
www.trumpetcall.co.za

Smit Kotzé (Amos Namibië)

AMOS is ‘n dissipelskapbediening in die landbou met die hoofdoel om dissipels vir Jesus te maak en mense te leer om dissipels te maak. Amos Agrimin is sedert 1993 ‘n Christelike, veelrassige, interkerklike landboubediening wat fokus op die landelike en boerderygemeenskap in Suidelike Afrika en Afrika.

Smit Kotzé is verbonde aan Amos Namibië en is die aanbieder van Kolskoot en sommige Vroegaand Stilstaan-programme.

http://www.amosafrica.net
amosnamibianews@gmail.com
Smit Kotzé: +264 81 250 0746

Kolskoot is beskikbaar in boekformaat by die Groep 7 Aanlynwinkel.

Ds Kobus Mey (Nooitgedacht NG Kerk)

Van die oggendboodskappe (Beskuitsake) word behartig deur die geliefde prediker van Bronkhorstspruit-omgewing – Ds Kobus Mey.

Ds Kobus Mey: 082 785 3001
meykobus@gmail.com

Kerkkantoor:
Ina: 082 574 4511

Koos van der Merwe (Eden Gemeente)

Digter, skrywer, teoloog en musikant, Koos van der Merwe, is een van die bekendste name in die Afrikaanse Christelike wêreld. Hy is alom bekend as ‘n man wat jou kop aan die dink kan kry en jou hart kan laat spring met sy woorde.  Koos is voltyds verbonde aan die Eden Gemeente in George. Hy behartig sommige van die Beskuitsake op Radio Nuwe Lied.

Eden Kantoor
Maandag – Donderdag 8.00 – 16:00
Vrydae 8.00 – 13.00
Tel: (044) 889 0130
Whatsapp: 081 801 1208
https://edengemeente.co.za

Ps Frik Weideman (Menorah Tabernakel)

Ps Frik Weideman is verbonde aan Menorah Tabernakel in Benoni. Hy is die aanbieder van sommige Beskuitsake-programme. Kontak hom gerus op die volgende maniere:

frik@menorahministries.co.za

083 459 5158

Riekert Botha

Riekert en sy vrou, Pippa, is voltyds in bediening sedert 1991. Hulle was betrokke by verskeie Baptiste gemeentes en was sendelinge in die Oekraïne vir 5 jaar. Riekert het veral bekend en gewild geword met sy program Pleisters vir die Siel op RSG. Sedert 2012 reis hy deur die land en bied sy gewilde seminare aan. Op Radio Nuwe Lied gebruik ons gereeld van sy boodskappe op die program Beskuitsake.

Vind meer uit oor hulle bediening by www.riekertbotha.co.za, of kontak hulle  op 084 515 6808. Jy kan ook ‘n e-pos stuur na besprekings@gmail.com.

 

Hennie van Staden (Jesaja 35 Bedieninge)

Hennie van Staden is verbonde aan Jesaja 35 Bedieninge in Heidelberg, Gauteng. Dit is ‘n interkerklike, gratis bediening wat ook berading bied.

Hy is die aanbieder van sommige Beskuitsake-programme. Kontak hom gerus op die volgende nommer:

072 577 4299