Radio Nuwe Lied sê baie welkom aan Mada Jansen van Rensburg met haar nuwe program ‘Terug na die begin‘. Mada is van 2 Trees in the Garden of Eden Bediening.
Hier is haar eie woorde: Geseënd is my Vader Yhwh en Sy Verlosser Yashua wat my uit die stof laat opstaan het waar ek neergegooi was voor Sy voete, ter dood veroordeel. Geseënd is Sy Woord wat Hy vers-vir-vers, in diepte en in ongelooflike bodemlose emmers vol vir my gee elke liewe dag. Ek wil bars van dit! Daarom moet ek dit deel. My naam is Mada J v Rensburg. Die ministry se naam is 2 Trees in the Garden of Eden, want dit is waar die Waarheid begin het, maar ook die groot misleiding.
Hier is haar kontakbesonderhede, as jy sou belangstel om verder oor die bediening uit te vind, of om met haar in verbinding te tree:
bible@2treesinthegarden.co.za*
Die uitsaaitye sal soos volg wees:
Ma 21:30, Di 05:00, Wo 13:00, Do 03:00, Vr 07:30, So 04:00 & 12:00.
Die ouer episodes sal beskikbaar wees op Terug na die begin se Potgooiblad.
Nuutste Opmerkings