Ons is so bly om die goeie nuus met julle te deel: Grace van There4 Bedieninge bied die program Volg My aan wat ‘n dissipelskapprogram is. Hierdie reeks het nou tot ‘n einde gekom. Dis nie die goeie nuus nie…
Die goeie nuus is dat sy ‘n volgende reeks gaan aanbied met die titel Staan Sterk. As daar iets is om oor te praat en waarmee ons mekaar in hierdie tye kan bemoedig, dan is dit die boodskap van Staan Sterk.
Kom leer saam met Grace die lesse uit die storms van ons lewens. Die program word in dieselfde tydsgleuwe uitgesaai waarin Volg My was. Kyk gerus na die blaadjie op die tuisblad vir die uitsaaitye.
Nuutste Opmerkings