Na goeie terugvoer van luisteraars wat gewonder het wat geword het van die gebedsversoekprogram Bemoediging uit die Poorte van die Hemel, keer Sally Stevens terug om voor te gaan met die program. Nie net leer sy jou aangaande gebed vir die alledaagse lewe nie, jy kan ook jou gebedsversoek aan haar persoonlik stuur by 082 373 7053. Welkom terug, Sally!