Beskuitsake
Hierdie lering aan die begin van elke dag word deur verskeie leeraars gebring. Elke bydraer word hier onder genoem, met skakels na hulle onderskeie webwerwe waar hulle materiaal gevind kan word. Die audio is dus nie op hierdie bladsy beskikbaar nie, maar op elke persoon se eie webwerf.

Koos van der Merwe
Koos van der Merwe is digter, skrywer, musikant en prediker verbonde aan die Eden Gemeente in George. Sy boodskappe kan geluister word op die Eden Gemeente Webblad.

Corné Dannhauser
Corné Dannhauser is deel van Ware Lewe Bediening. Jy kan meer van hulle doen en late te wete kom op die Ware Lewe Bediening Webwerf, of jy kan van sy boodskappe luister op hulle Ware Lewe Youtube-Kanaal.

Dr Bettie Wagner-Ferreira
Dr Bettie Wagner-Ferreira is verbonde aan die NG Kerk in Waverley. Jy kan van haar boodskappe luister op haar Youtube-Kanaal.

Frik Weideman
Ps Frik Weideman is verbonde aan Menorah Tabernakel in Benoni. Jy kan sy leringe geniet by die Menorah Tabernacle Webblad.

Riekert Botha
Riekert Botha is baie bekend as spreker op radio asook aanbieder van seminare, Woordskool (Vita Dei), ensomeer.
Luister na sy boodskappe op sy YouTube-kanaal.