Word deel van iets groter as net jyself!

Maandeliks:

R50 maandeliks

Subscribe

R100 maandeliks

Subscribe

R250 maandeliks

Subscribe

R500 maandeliks

Subscribe

R1000 maandeliks

Subscribe

Fooitjie:

R50 eenmalig

Pay

R100 eenmalig

Pay

R250 eenmalig

Pay

R500 eenmalig

Pay

R1000 eenmalig

Pay

As jy ons help met befondsing, ondersteun jy die volgende:

* Jy het ‘n platform met Christelike boodskappe, lerings en musiek wat jou kan toerus en laat groei, sodat jy ander kan help toerus en groei.
* Jy ondersteun nie net die radiostasie finansiëel, sodat dit kan bestaan nie, maar ook elke bediening wat hierdie platform gebruik om hulle werk deur te versprei.
* Jy word deel van ‘n Afrikaanse, Christelike gemeenskap regoor die wêreld.
* Jy ondersteun Afrikaans as voertaal in die wêreld van media.
* Jy geniet gesinsvriendelike musiek waarvoor jy nie jouself hoef te skaam nie.
* Jy het toegang tot ‘n platform wat jou omgewingsake kan dek.

​​​​​​​As jy saamstem met wat ons doen en hoe ons dit doen, as jy reeds dit geniet wat ons doen, dan vra ons dat jy dit asseblief sal oorweeg om ons te ondersteun op een van die bogenoemde maniere.

Ons eerste doelwit is om 1000 mense te kry wat elke maand R100 sal gee om die nodige stabiliteit te verskaf, sodat Radio Nuwe Lied die stem kan wees wat ons glo dit moet wees, veral in hierdie tyd. As jy nie jouself wil verbind tot ‘n maandelikse bedrag nie, kan jy ‘n fooitjie gee soos en wanneer jy wil.

Media is aan die verander!

Soos alle ander besighede en sektore, is media ook besig met die moeilike paadjie van aanpassing na hoe die wêreld nou werk. Die belangrikste vrae op almal se lippe is hoe om kliëntediens te lewer en hoe om dit wat jy doen, in geld om te sit.

In die mediawêreld is dit ook ‘n groot bespreking. Die bestaande besigheidsmodel werk nie meer nie. Ek is seker jy is bewus van die feit dat musiek nou al vir jare nie meer werk soos dit gewerk het nie. Onder andere bestaan iets soos CD-verkope nie meer nie. Tans is lewende optredes ook iets wat agterweë gebly het. Dit het plek gemaak vir dinge soos iTunes, Spotify, Deezer, ens. Lewende optredes word nou aanlyn gedoen met aanlyn kaartjieverkope. Al hierdie platforms is op ‘n maandelikse fooi gebaseer, wat jou in staat stel om soveel musiek te gebruik as wat jy wil.

Dieselfde ding het gebeur met films. Netflix het die appelkar omgegooi en vele mense het nie eers meer televisie nie. Videowinkels, wat later natuurlik DVD’s ook uitverhuur het, is iets van die verlede. Nou betaal jy ‘n maandelikse fooi en geniet soveel as wat jy wil.

Gedrukte media begin nou dieselfde paadjie loop. News 24 is een van Suid-Afrika se groot nuusverskaffers. Hulle moet ongeveer 500 joernaliste laat gaan en is ook besig om oor te slaan na ‘n subskripsiemodel, waar jy ‘n maandelikse fooi gaan betaal om jou nuus te geniet, wat tot nou toe verniet was. Dis waar die hele wêreld oppad heen is. Dit kan werk. Die aanpassing is net moeilik.

Musiek is seker een van die industrieë wat die vroegste hierdeur geraak is en ook dus die verste in die proses is. Dis moeilik, maar globaal het die musiekmark in 2015 vir die eerste maal in ‘n dekade positiewe groei getoon, nadat die grootste gedeeltes van Amerika, Europa en die Ooste oorgeslaan het na die digitale stroommodel met maandelikse fooie.

Waar los dit radio? Ons moet ook kyk na allerhande opsies. Ons verskaf tans ‘n gratis platform van gesinsvriendelike vermaak en kwaliteit Christelike lering wat totaal finansiëel gedra word deur die eienaars. Die advertensiemodel is stadig aan die doodbloei, alhoewel nog nie heeltemal sterwend nie. Ons sal egter moet kyk na iets soortgelyks aan ‘n subskripsiemodel. Dit hoef nie te beteken dat jy nie sal kan radio luister, tensy jy ‘n betaalde lid is nie. Daar is opsies (bekend as freemium) wat as basis gebruik kan word.

Vir nou het ons 3 opsies:

1. Maandelikse bydraes. Hierdie is die belangrikste een, aangesien dit stabiliteit in hierdie onstuimige tye kan bring. Die idee is om soveel as moontlik mense, wat Christelike, gesinsvriendelike vermaak en lering wil ondersteun, te werf om ‘n maandelikse bydrae, wat hulle kan bekostig, te maak. As ‘n eenvoudige voorbeeld: as ons 1000 mense wêreldwyd kan werf wat R100/m bydra, dan kan ons hierdie stasie finansiëel dra. Dit kan natuurlik ook 2000 mense wees teen R50/m, met hopelik ‘n paar groter bydraes hier en daar.

2. Operasie Oorlewing. Hierdie is Radio Nuwe Lied se plan om besighede te help om in hierdie tyd van geldskaarste nog steeds toegang te hê tot radioadvertensies, asook advertensies op ons webblad en Facebookblad. Ons het ons mees bekostigbare pakket gevat en dit met 66% gesny. Betalings verhoog slegs elke 3 maande met R500/m. Dit kom daarop neer dat ons reeds bekostigbare fooi eers oor 12 maande betaalbaar sou word. Die volledige plan is uiteengesit in ‘n spesiale dokument wat jy HIER kan lees. Stuur dit asseblief ook aan na jou besigheidsvriende.

3. Fooitjies (Tips). Hierdie is ‘n opsie vir mense wat nie ‘n vaste bedrag op ‘n maandelikse basis wil bydra nie, maar wat wel die stasie wil ondersteun. Hulle kan ‘n eenmalige betaling maak, soos wat ‘n fooitjie aan ‘n kelner betaal sou word vir ‘n goeie diens gelewer.

Ons vra jou dus om asseblief te oorweeg om Radio Nuwe Lied se bestaan te verseker deur jou bydrae op enige van die bogenoemde maniere. Die betalings word deur Payfast, Suid-Afrika se toonaangewende betaalportaal, hanteer. Jy kan dus ontspan oor die sekuriteit van die transaksies.

Ons glo daar is ‘n behoefte aan en nodigheid vir ‘n Afrikaanse stasie wat gesonde vermaak verskaf, maar ook ‘n platform is vir verskeie bedieninge om kwaliteit Christelike lering te verskaf aan Afrikaanssprekendes regoor die wêreld. Afrikaans word gesmoor. Christelike uitlatings word al hoe meer gesensor en as haatspraak beskou. Wil jy ons in hierdie belangrike diens – iets groter as jyself, ‘n diens aan Afrikaanse Christene wêreldwyd, ‘n diens wat ook die Koninkryk bevorder – ondersteun?