top of page

Nuutste Potgooie

Die komitee van ondersoek wat moet ondersoek instel na 'n ondersoekende komitee

​

Dis baie moeilik om westers en demokraties te lyk vir die wêreld, maar kommunisties te wees in praktyk. Ons regering probeer ten minste hulle beste om dit te maak werk. Die nuutste komissie van ondersoek - die Madlanga-komissie, wat moet ondersoek instel na die bewerings deur polisie Generaal Mkhwanazi - is weereens 'n manier om die goeie mense van ons land te paai dat daar wel iets gebeur. Al wat gebeur is dat 'n geldjie verkwis word. Met die vorige poging - die Zondo-komissie - het meer as R1 BILJOEN gesorg dat slegs 3 mense in die tronk is. Miskien moet die politiek iets by opvoedkunde gaan leer; hoe en wanneer om die grense te stel.

RNL Bronkies Boeremark ad 150x200.jpg

Klets met Corné - THEE Sama Sambit

​

Corné Dannhauser hosts this fascinating discussion with a brave young voice - THEE Sama Sambit. They dive into Sama's personal life and upbringing to find out why a young man would speak up about what he sees and believes, even if it is not the popular thing to do as a black person. Sama gives his opinion on why the country is where it currently is and what we can do about it.

RNL Bronkies Boeremark ad 150x200.jpg

Kenners / Spesialiste

Holisties Gesond Ep 1.

Hoe Heidi in die veld van holistiese gesondheid beland het.

​

Holisties Gesond is 'n program deur die kenner, Heidi Dannhauser, oor die uitgebreide onderwerp van holistiese gesondheid. In hierdie maandelikse program gesels sy oor hoe om gesond te wees na liggaam, siel en gees, gesien vanuit 'n Christelike oogpunt. Sy is die ontwikkellaar en vervaardiger van vele produkte in hierdie veld, asook toonaangewende medisyne. Heidi word landswyd gereken en genader as kenner op hierdie produkte. Sy sit ook met dekades se ondervinding om ander te help met emosionele genesing.

Staan op, GebedsKryger! Thumb.png

Staan op, Gebedskryger! Hindernisse in die pad van gebed (1)

​​

Dit klink soos 'n eenvoudige vraag, nê? Dit klink ook soos 'n 2 sekonde antwoord. Daar is egter meer te sê oor die onderwerp van gebed en daar is min wat dit beter kan sê as Eben Swart.

​

Eben Swart van Trumpet Call Ministries deel hierdie ongelooflike waardevolle lering met ons luisteraars. Dit is deel van hulle opleiding aan intersessors, maar is van groot waarde vir elke gelowige. Eben is 'n fantastiese leeraar.

Staan op, Gebedskryger 01. Wat is gebed (1)Eben Swart
00:00 / 22:20
Praying

Woord vir Vandag

Ons plaas profetiese woorde hier wat resoneer met ons.

Ons vertrou dit sal hoop bring.

Ons Storie

Radio Nuwe Lied sien die lig in 2020. Dis die resultaat van 'n behoefte om 'n mediaplatform te hê wat mense wêreldwyd in Afrikaans kan bedien, met inhoud wat gesinsvriendelik is, met 'n Christelike wêreldsbeskouing. Die inhoud moet meer bevat as net 'n 'Boekevat' gedeelte - intense lering- maar ook net lekker gemeenskapsake en ligte vermaak.

​

Radio Nuwe Lied skop af met 'n kombinasie van aanlyn  tradisionele radio en potgooie. Binne maande het hulle luisteraars in 24 lande. Die radio voel trots en doen goed, maar die handjievol personeel werk hulleself in die grond in. So, aanpassings word gemaak. 

​

Aangesien aanlynradio net so ver kan gaan - wie gaan nou heeldag radio luister as dit jou data op gebruik - is die eerste besluit om slegs potgooie te doen. Dit spaar 'n astronomiese hoeveelheid tyd. Tweedens doen ons weg met musiek wat tussen al die programme uitgesaai word, weereens omdat mense beter manier het om deesdae musiek te verbruik, met al die opsies van beskikbare stromingsplatforms soos Spotify, iTunes, YouTube Music en Deezer.

​

Volgende word lewende uitsendings van potgooie ook tydelik gestop. Die verskil tussen 'n regte lewende potgooi en dieselfde episode wat jy kyk of luister wanneer jy wil, is nie die moeite werd vir die hoeveelheid energie en tyd wat dit neem om dit te doen nie. 

​

Om al hierdie verandering te vier, dateer Radio Nuwe Lied toe ook hulle 'look' op. Welkom by die vernuwe Radio Nuwe Lied. Dieselfde fantastiese inhoud, vars voorgesit!

Lekka Koffie ad vir RNL.jpg
M4W RNL Ad (300 x 350 px).jpg
  • Radio Nuwe Lied Facebook
  • Youtube

Kom gerus in kontak met ons

Sit jouself op ons databasis om in kontak te bly.

Dankie!

© 2020 - Vandag deur Radio Nuwe Lied

bottom of page